Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Die Groot Trek" deur FERDI GREYLING
"Die Groot Trek" deur FERDI GREYLING [boodskap #17217] Ma, 31 Augustus 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
DIE GROOT TREK
Ferdi Greyling

uit die blou baaie van die Kaap
met die brandende droom van vryheid
en die krag van hul woede
altyd noord die vreemde vasteland in

weg van die heerskappy van ander se denke,
inperking deur vreemde tale en die vasweef
van mense, vlaktes en benaamde riviere in planne
wat die stempel van soldaat en regulasie kry

oor vlaktes soos kristalle onder die son voort
deur woude waar vreemde voëls in die nag roep
tot swart konings diep in die land
hul bloed met Afrika se grond meng

en hulle hard en bitter
in hulle eie beeld verstar
en begin om die verskriklike land
in die wette van hul vryheid te dwing
Vorige onderwerp: "My Vrou" deur BREYTEN BREYTENBACH
Volgende onderwerp: "Klein Karoo" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 09:25:38 MGT 2024